Die Riverdale-ster Camila Mendes en Maya Hawke van Stranger Things-faam vertolk die hoofrolle in dié donker komedie. Drea Torres (Camila) het oënskynlik die perfekte lewe.
Sy is die gewildste meisie in haar luukse privaat skool in Miami. Maar haar lewe word op sy kop gekeer toe ’n seksvideo wat sy aan haar kêrel, Max (Austin Abrams), gestuur het, uitlek en soos ’n veldbrand versprei.
Haar reputasie kry ’n knou en sy vrees dat die skoolhoof (Sarah Michelle Gellar) haar uit die skool gaan skop. Max is die goue seun onder die leerders en beeld homself uit as iemand wat vroue respekteer en feminisme ondersteun. Maar is hy die een wat verantwoordelik is vir die seksvideo wat uitgelek het?