Alles Malan-ster skop gat in Showmax se 1ste oorsponklike gruwelfliek

akkreditasie
Nicole saam met Shalima Mkongi. Foto: Rage/Showmax
Nicole saam met Shalima Mkongi. Foto: Rage/Showmax

Nicole is veral bekend vir haar rol as Lee-Anne in die kykNET-dramareeks Alles Malan, en het meer onlangs gesig gewys in Netwerk24 se tweede blitssepie, Op en Af en die dramareeks Projek Dina.


In Rage kom 'n groep skoolverlaters na ’n klein kusdorp om hul vryheid na skool te vier. 

Nicole vertolk die rol van Tamsyn in die fliek. Jaco Bouwer, wat vroeër vanjaar vir ’n Safta benoem is as beste regisseur vir die dramareeks Dwaalster, sit in die regisseurstoel.

“Tamsyn is die kunstenaar in die groep. Sy is ’n free-spirit wat skadelik lyk as jy haar vir die eerste keer ontmoet, en sy praat slegs as dit absoluut noodsaaklik is. Later in die fliek word sy gedwing om in survival mode te gaan en dan begin ons sien hoe dapper en insiggewend sy regtig is,” vertel Nicole oor haar karakter. 

"Ek het dit baie geniet om so ’n jong, kleurryke en unieke karakter te speel wat ek nog nooit vantevore op Suid-Afrikaanse skerms gesien het nie,” vertel Nicole. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees