Die skrywer-regisseur Johan Cronjé, wat ook vir die romantiese drama Wonderlus van 2018 verantwoordelik was, is terug met nog ’n fliek. Meisies wat fluit gaan oor die paartjie Henk (Stiaan Smith) en Sofia (Leandie du Randt) wat te gou trou nadat hulle verlief geraak het en dan skei. En nes hul egskeiding afgehandel is, beland hulle weer saam in die bed – en dit die eerste keer in meer as ’n jaar.
“Sofia was wild, en Henk het haar ’n bietjie rustig gemaak,” vertel Johan. “Henk was rustig, en Sofia het hom ’n bietjie wild gemaak. Nou is hulle nie meer so seker oor wie wat wil wees nie. En hulle is nie een op hul bek geval nie.”