Aan die begin van Thor: Love and Thunder is ons held moeg daarvoor om, wel, die held te wees en wil hy homself ontdek.
“Dié hande is eens gebruik om te veg; nou is hulle net nederige instrumente vir vrede,” sê Thor. Ons het gedink hy het reeds in die vorige drie flieks ’n ontdekkingsreis beleef, maar Thor-rolprente is gewoonlik pret, en daarom gee ’n mens die god van donderweer nóg ’n kans. Thor se soeke na innerlike vrede word egter versteur wanneer ’n nuwe bedreiging kop uitsteek – een wat alle gode wil uitwis.