Dis 1978. Finney Shaw (Mason Thames) is ’n skaam en slim 13-jarige seun wat in Denver, Colorado, woon. ’n Sadistiese, gemaskerde moordenaar, wat net as The Grabber bekendstaan, ontvoer jong seuns in die buurt en Finney word sy jongste teiken.
Hy gryp Finney en hou hom in ’n klankdigte kelder aan. Net toe Finney dink sy dae is getel, begin ’n ontkoppelde swart foon teen die muur skielik lui.
Hy ontdek hy kan die stemme van die reeksmoordenaar se vorige slagoffers oor die foon hoor – en hulle wil seker maak Finney kom nie dieselfde as hulle oor nie.