book-icon Uitgawe 1 Julie 2021

Fast & Furious 9 is hier: Vin Diesel en kie kattemaai behoorlik

akkreditasie
Fast 9
Fast 9

In die negende aflewering van die Fast & Furious-flieks hervat Vin Diesel (53) sy rol as die aksieheld Dom Toretto. Dis weer brullende, blitsvinnige superkarre waar jy kyk.

Dom lei nou ’n stil lewe saam met Letty (Michelle Rodriguez) en sy seun, Brian, wat deur Isaac en Immanuel Holtane gespeel word. Maar gevaar wink om die draai – Dom se langverlore broer keer skielik terug en keer sy lewe op sy kop. Dom en sy kliek moet dus weer kragte saamspan en sake red.

Dom se jonger broer, Jakob, word deur die rofstoeier en akteur John Cena gespeel. Jakob is ’n dodelike sluipmoordenaar wat ’n wrok teen Dom koester. Hy’t boonop ’n bekende Dom-vyand wat hom met sy wraakplan help – die bose Cipher, wat deur Charlize Theron (45) gespeel word. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees