Toe A.A. Milne Londen vir die Engelse platteland verruil, begin die skrywer stories skryf oor sy seun, Christopher Robin (Will Tilston), se versameling dierespeelgoed.
Dié stories vorm die grondslag vir sy kinderboeke Winnie-the-Pooh en The House at Pooh Corner, wat in 1926 en 1928 gepubliseer is.
Milne en sy gesin word gou in die Winnie-the-Pooh-sukses opgesweep, maar hul nuutgevonde roem eis sy tol. Margot Robbie van I, Tonya-faam vertolk die rol van die A.A. Milne se vrou, Daphne de Sélincourt Milne.