Deel

HG gesels met ‘Vergeet my nie’-ster – dis wat Pietie Beyers in lockdown doen

akkreditasie
As jy nog nie 'Vergeet my nie' gesien het nie, is dit nou jou kans om die springmielies nader te trek en meegevoer te raak deur dié onvergeetlike goedvoelfliek op DSTV se BoxOffice. Ons gesels met Pietie Beyers, een van die fliek se sterre, en vind uit waarmee hy hom in die inperking besig hou.

Met die land steeds in inperking, is daar verskeie nuwe ontwikkelinge in die akteur se lewe – en dit sluit ’n nuwe bosbaard in. Maar hoe ervaar hy al die tyd tuis? 

“Ek dink die inperking het beslis sy uitdagings, maar met al die vryskutwerk en projekte, hou dit ’n mens nogal besig. Om van die huis af te werk is nie juis so ’n groot aanpassing nie omdat ek redelik gewoond daaraan is. Ek is wel baie dankbaar dat ek nog ’n werk het,” vertel Pietie oor die coronakrisis wat die vermaakbedryf hard geruk het.

Pietie is tans in inperking saam met sy meisie, Anneke Weidemann, ’n aktrise en mediese dokter, en die paartjie se twee oulike hondekinders, ’n Labrado, Saartjie en ’n Golden retriever, Fiji.

View this post on Instagram

Dreaming of Fiji

A post shared by Pietie Beyers (@pietiebeyers) on

“Toe die land in fase 5 was, het ons maar binne-in die woonkompleks met hulle gaan stap en bal gespeel, maar nou met fase 3 neem ons hulle na die park,” vertel Pietie. 

Die bedrywige akteur en sy prokureursvriend Niel Kidd bied ook ’n podsending aan, So loop hy maar, die lewe en sowaar hulle met bekendes en mense gesels wat besonderse stories het om te deel. Dit het as ’n komiese podsending begin. Nou is dit ’n manier om mense beter te leer ken en dieper te delf in die lewens van hul gaste.

Hulle het ook onlangs die wêreldwye BlackLivesMatter-veldtog bespreek en met die nuusleser Riaan Cruywagen asook die sanggroep Die Heuwels Fantasties gesels. 

Dié talentvolle akteur vertolk die rol van Dieter in Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se tweede fliek, Vergeet my nie. Dié fliek is geïnspireer deur die ware liefdesverhaal van Hugo en Mardaleen Derks van Gobabis, Namibië. En Pietie het behoorlik aan kykers se hartsnare gepluk met sy spel.

Die hele 'Vergeet my nie’-ervaring was vir hom besonders lekker.

“Ek het die rol baie geniet. Die vervaardiger het my die geleentheid gegee om die karakter my eie te maak. Met die eerste oogopslag het ek gedink Dieter is baie ernstig, en dit was vir my ’n lekker uitdaging om die karakter vriendeliker en warmer te maak.”

Een wat die hoogtepunte van die fliek vir Pietie was die spel tussen die hoofspelers, Sean-Marco Vorster, wat die rol van Hugo Derks vertolk, en Marguerite van Eeden, wat Mardaleen speel. 

Sean-Marco Vorster en Margue­rite van Eeden in Huisgenoot se fliek Vergeet my nie, wat tans te sien is.

“Die romanse tussen die twee hoofkarakters is baie geloofwaardig,” het Pietie telefonies vanuit sy woning in Johannesburg laat hoor. Met vriendskap wat een van die uitstaan-temas in die fliek is, meen Pietie dat hy en sy mede-akteurs selfs ná die fliek steeds goeie bande het.

“Tydens verfilming het ons baie tyd saam deurgebring en lang ure in Londen geskiet. Ons het baie kontakte met verskillende mense gebou. Die groep is net besonderse lekker geselskap,” sê hy.

En die nuwe baard? 

Pietie Beyers
Die talentvolle akteur spog deesdae met 'n nuwe baard. Foto: Theana Breugem

Hy beskryf die voorkoms as iets tussen ’n mannetjiesleeu en Tom Hanks in die fliek Cast Away. Hy moes dit begin groei vir ’n projek wat weens die inperking eers op ys is.

“Onlangs was dit baie erg. Ek het die baard net laat gaan. Dit het woes gelyk,” vertel hy met ’n laggie in sy stem.

“Anneke het my wel gehelp om dit ’n bietjie netjieser te laat lyk.”

En waarna sien hy die meeste uit ná inperking? 

“Ek sien die meeste daarna uit om weer te begin skiet aan die fliek waarvoor ek die baard gegroei het,” vertel hy grappig. 

  • 'Vergeet my nie' is van Sondag 5 Julie op DStv se BoxOffice beskikbaar en kan dan afgelaai en tuis gekyk word.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

6 April 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees