book-icon Uitgawe 14 Junie 2018

Ontmoet die ster van Nommer 37 – die fliek waaroor almal praat

akkreditasie
Irshaad Ally en Monique Rockman speel ’n paartjie in die plaaslike misdaadriller Nommer 37.
Irshaad Ally en Monique Rockman speel ’n paartjie in die plaaslike misdaadriller Nommer 37.

Die oudmisdadiger Randal (Ally) en sy meisie, Pam (Rockman), trek na ’n nuwe woonstel in ’n fiktiewe weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlakte ná ’n ongeluk wat hom aan ’n rolstoel gekluister hou. Om die las van die ongeluk en die werklikheid dat hy nou ’n parapleeg is te verlig, gee sy vir hom ’n verkyker as verjaardaggeskenk.

Hiermee begin Randal die aktiwiteite in die woonstelle rondom hom dophou, en dis veral die doen en late van die gevreesde misdadiger Lawyer (Manuel) wat sy aandag trek.

Verder wil sy misdaadverlede hom net nie uitlos nie, en kort-kort kom kuier die sosiopatiese geldskieter Emmie (Danny Ross) om Randal te verseker hy het nie van sy skuld vergeet nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees