Tom Cruise was maar 24 jaar oud toe Top Gun in 1986 op die grootskerm ontplof het. Vier dekades later het die opvolgfliek, Top Gun: Maverick, eindelik opgestyg nadat die covidpandemie dit op die grond gehou het.
En die aksieheld se aankoms by die rolprent se wêreldpremière was omtrént epies: Tom (59) het aan die kus van San Diego, Kalifornië, met ’n helikopter op ’n vliegdekskip neergestryk.
Hoe dan anders? Hy het selfs die Australiese TV-joernalis Angela Bishop van ’n ramp op die rooitapyt gered deur haar aan die arm te gryp toe sy so ampertjies van die podium afgeval het waar die media-onderhoude gedoen is.