Die waarheid is soms tragieser as enige fliek. Net twee maande voor dié fliek begin wys, is een van die sterre, die Suid-Afrikaans gebore aktrise en model Charlbi Dean Kriek, op die ouderdom van 32 oorlede.
Die fliek is ’n komedie wat kommentaar lewer op die superrykes van die modewêreld – ’n wêreld wat Charlbi, wat op modeplanke reg oor die aardbol gepryk het, natuurlik goed geken het. . .
Die Franse titel van die fliek is Sans Filtre – “sonder filter” in gewone Afrikaans – nes die doen en late van die ultrarykes, onder wie ’n Russiese oligarg en wapenhandelaar, aan boord van ’n spogskip. Die passasiers is so ryk, wanneer hulle seesiek word, vlieg die kaviaar en eetbare goud net waar jy kyk.