In dié wetenskapsfiksie-aksieprent moet Naru, ’n Comanche-vegter, haar stam teen ’n menslike ruimtewese beskerm wat mense vir sport jag. Dis nie hul enigste bedreiging nie – die wildernis is gevaarlik en pelshandelaars gewetenloos.
Prey is gegrond op die gewilde Predator-franchise en is die vyfde fliek in dié rolprentreeks. Dis ’n voorloper vir die eerste vier flieks en speel in 1719 in die Noord-Amerikaanse Laagvlakte af.
Die eerste Predator-fliek in 1987 met Arnold Schwarzenegger was ’n groot sukses. Daarin het Arnold se karakter, Dutch, en sy span op ’n sending gegaan om ’n groep gyselaars in Sentraal-Amerika te red, net om die teiken van ’n vegter uit die buitenste ruim te word.