book-icon Uitgawe 9 September 2021

Van ’n spookhuis tot dodelike obsessies: 4 moet-kyk flieks

akkreditasie
Die luukse huis waar al die grilligheid afspeel.
Foto: Netflix
Die luukse huis waar al die grilligheid afspeel. Foto: Netflix

Shawn Ashmore, wat veral bekend is as Bobby Drake oftewel Iceman in die X-Men-flieks, vertolk die hoofrol in dié gruwelprent. Hy speel Kevin Dadich, ’n man wat grusame misdaadtonele vir ’n lewe opruim en skoonmaak.

Hy en sy span word ontbied om ’n luukse huis op te ruim ná ’n bloedige geveg en nadat die eienaars geheimsinnig gesterf het. Die huis is boonop nou in die mark – en dit teen ’n winskopie.

Kevin en sy vrou, Natalie (die Twilight-ster Ashley Greene), het huweliksprobleme en is desperaat vir ’n nuwe begin. Hy oortuig haar om al hul spaargeld te gebruik om die huis te koop. Hulle beskou dit as ’n kans om weer lewe in hul verhouding te blaas, maar die huis het ’n donker verlede . . .

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees