1. Keke was onlangs die stem van die ruimtevaarder Izzy Hawthorne in die animasiefliek Lightyear. Sy is nou te sien in haar grootste rol nóg – in Jordan Peele se nuwe gruwelfliek, Nope.
Keke (28) speel Emerald Haywood, wat saam met haar ouer broer, OJ (Daniel Kaluuya), spook om hul oorlede pa se perdeplaas te behou. Eendag is hulle oortuig dat hulle ’n vreemde vlieënde voorwerp gewaar en probeer dit op film vaslê.