Wat maak akteur Pietie Beyers in die Tsitsikamma-bos?

akkreditasie
Die akteur en aanbieder Pietie Beyers op pad na die Tsitsikamma-woude om die fliek, Skemerson, te verfilm. Foto: Instagram
Die akteur en aanbieder Pietie Beyers op pad na die Tsitsikamma-woude om die fliek, Skemerson, te verfilm. Foto: Instagram

Pietie het vroeër vandeesweek ’n foto van homself op Instagram gedeel waarby hy gesê het hy sien uit na dié uitdaging.

“Op hierdie oomblik voel ek ontsettend doelgerig. Ek is dankbaar dat maande se harde werk nou eindelik ’n werklikheid kan word,” het Pietie oor die telefoon aan Huisgenoot gesê terwyl hy op pad is na dié bekende woude waar die skrywer Dalene Matthee se bekende boek Kringe in ’n bos ook afspeel. 

Pietie vervaardig Skemerson saam met Niel van Deventer, wat die 2015-fliek Dis ek, Anna vervaardig het en vanjaar ook as medevervaardiger saam met ’n Europese maatskappy aan The President’s Keepers, ’n fliek gegrond op die berugte boek deur die oudjoernalis Jacques Pauw, werk. Skemerson vertel die verhaal van iemand wat aan obsessief-kompulsiewe steuring ly en hy sê dit is ’n “eg menslike verhaal wat geskryf is vir mense wat sukkel met uitdagings wat onder die oppervlak skuil.” Pietie ly self aan dié siekte. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees