book-icon Uitgawe 1 September 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Boheems

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Andries knip die aktetas toe en druk sy swartraambril met sy wysvinger in plek. Hy’s deeglik voorbereid vir môre se voorlegging. ’n Donkerblou pak, kraakwit hemp en strepiesdas sit hy ook sorgvuldig gereed. Al sy besigheidslektuur van oor die jare heen staan netjies in gelid gerangskik op die boekrak in die sitkamer. 

Die woonstel is keurig gemeubileer in aardse kleure. Dis klinies en silwerskoon. Elke ding op sy plek, nes hy daarvan hou. ’n Mens se lewe behoort georden wees, dink hy toe hy ’n bakkie gevriesde kos in die mikrogolf druk. Hy verskuif die kuns-varing effens na regs en dan weer terug na die middel van die tafel. Dit lyk bloot beter gesentreerd.

Dis ’n soel aand en hy besluit om sy slaaptydtee in vrede buite op die stoep te drink. Vanaand mis hy vir oupa Peet. Hulle kon altyd sulke sinvolle gesprekke voer en ure lank debatteer oor wêreldgebeure. Nadat beide sy ouers in ’n vliegongeluk in Thailand omgekom het, moes hy by sy oupa-hulle op die plaas gaan woon. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees