book-icon Uitgawe 6 Oktober 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Die tandarts

akkreditasie
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Gerhard kan nie onthou wanneer laas hy Candy Crush op sy foon gespeel het nie. Hy het gehoop die speletjie sal sy aandag genoeg aflei dat sy senuwees sal bedaar. Maar dis sy vyfde probeerslag op dieselfde vlak en die helderkleurige bomme vang hom elke keer. Hy maak die app toe en kyk na sy horlosie. Langer kan hy nie wag nie.

Daar is nou maar vyf minute oor. Dis halfses en die parkeerterrein is soos ’n byenes: almal wat op pad huis toe gou vinnig ’n brood en melk of Woolies-lasagne kom koop het. En dan is daar ook die karwagte wat glimlaggend gretig parkeerplek aanwys en help om vol trollies uit te laai. Gerhard haal sy beursie onder sy sitplek uit, bêre sy Oakley-sonbril in die swart brilkassie en maak die bakkie se deur oop.

Langer kan hy dit nie uitstel nie. Hy reken dis hoe ’n skaap ter slagting voel. Jy aanvaar eenvoudig jou lot. Dit was nog altyd vir hom ’n ironiese gesegde, want weet ’n skaap ooit wanneer dit sulke tyd is? Nou ja, daar is net een rigting om in te gaan, en dis vorentoe. Hy het homself nog altyd gesien as ’n man onder die manne, ’n “alpha male”, soos die tydskrifte dit beskryf. Tot onlangs het hy nog klubrugby gespeel, hy dra sy bruin hare kort, sny sy eie gras, drink bier uit ’n bottel, en is vreesloos vir slange en Fairland se reënspinnekoppe.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees