book-icon Uitgawe 29 September 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Die vangs

akkreditasie
Illustrasie: Michael de Lucchi.
Illustrasie: Michael de Lucchi.

Sandra Poggenpoel / enkelouer / 41 jaar oud / tuisteskepper/ diereliefhebber/ avonturier. Sandra sug. Die foto het sy gedokter, maar die bio lyk maar treurig. Dit is wat sy kon bymekaarskraap ná twintig jaar se opoffering in ’n huwelik wat nou klippe toe is. 

Sy wou nie kompeteer teen Derek se nuwe persoonlike assistent nie. Jonk, nog nie eens vyf en twintig nie, maar aggressief ambisieus, kompleet met die lang, blonde hare en spykerhakskoene. Miskien was sy te inskiklik. Te gemaklik in haar vaal poniesterte en los oefenbroeke, maar ná kinders grootmaak en sewe sakke sout saam opeet, verdien ’n mens tog bietjie meer krediet. 

Sy het net ses maande gekry om vir haar ’n werk te soek, dan val Derek se onderhoud weg. Hy het ook aangebied om haar vir kursusse in te skryf om haarself te bekwaam in ’n rigting van haar keuse, maar wie kan nog sit en iets leer as jou hele lewe inmekaargetuimel het?

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees