book-icon Uitgawe 10 November 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Nooitgedacht

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Lisa kyk in haar truspieëltjie na die leë karstoeltjie op die agtersitplek. Haar hart hamer in haar binneste en sy lek ingedagte oor haar droë lippe. Haar kar ry sommer vanself die oorbekende pad deur die Helshoogtepas net buite Stellenbosch. Te gou sien sy die naambord na die plaas aan haar linkerkant opdoem. Nooitgedacht.

Haar mond trek effens skeef as sy dink aan die ironie daarvan. Sy het sowaar nooit kon dink sy sal ooit weer haar voete hier sit nie. Maar nooit is ’n bitter lang tyd. En sy is dit immers aan hulle albei verskuldig. Sy ry stadig deur die eikelaning, draai haar karvenster af en asem die bekende vars plaaslug in.

Daar is nie ’n siel op die plaaswerf toe sy voor die gewelhuis met die breë Victoriaanse stoep stilhou nie. Ook maar beter so. Sy wil net eers haar gedagtes orden. Die eikehoutvate met die rooi malvas weerskante van die voordeur lyk nog net soos voorheen. Dis asof die tyd hier stilgestaan het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees