book-icon Uitgawe 20 Oktober 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Soete wraak

akkreditasie
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Hier waar Estelle op haar eie in die volgepakte kuierkroeg sit, voel sy skielik heelwat minder selfversekerd as nou die aand tussen haar vriendinne. Dit was toe dat hulle die plan beraam het wat haar nou selfbewus laat voel, selfs ontoereikend, want sê nou maar dit misluk as gevolg van haar? Dalk is sy nie mooi genoeg nie, of te oud.

En wat het haar besiel om dié rok met die lae hals te dra? Vrou-alleen in ’n vol kuierkroeg. Sy voel heeltemal te opgesmuk. Sy bestel ’n glas witwyn en probeer die plek deeglik deurkyk, so nonchalant as wat haar senuwees haar toelaat. Sy sien ’n hele paar blonde mans; net twee dra ’n bril, maar die een is te jonk en die ander beslis te oud, lankal verby 30.

Sy bring die glas na haar lippe om nog ’n sluk te vat, toe sy opkyk en hom gewaar. Dit moet hy wees, Stefan, hoe dan anders? Wat nou vir haar na ’n heeltemal onrealistiese plan voel, was Hanna se idee onder aansporing van Bets. Hanna het besluit om wraak te neem op die aantreklike advokaat met die blonde hare en die ontwerpersbril.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees