book-icon Uitgawe 22 September 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Soos ’n seemeeu op die wind

akkreditasie
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Jolanda hou die seemeeu dop waar dit hoog in die lug in die wind sweef. Is hy regtig vry? Soms moet hy gaan waar die wind hom waai. Dit is hoe sy oor haar lewe voel, rondgewaai. Haar ontevredenheid maak alles erger, maar vandag kan sy haarself nie keer nie. Dit is haar verjaardag en Ben het haar nie gebel nie. 

Die wind waai haar lang, bruin hare in haar gesig. Die seemeeu krys hard bo haar en bring haar tot die werklikheid terug. ’n Reusebrander breek oor die rotseiland waar sy vir die wêreld sit en wegkruip. Hoe lank sit sy al hier? Nog ’n brander breek en stamp haar met geweld in die water. Jolanda weet ’n oomblik nie waar bo of onder is nie.

“HELP!”Niemand hoor haar nie. Sy veg terug en haal diep asem. Iets kry haar aan die enkels beet. Die golwe verswelg haar. Niemand gaan my mis nie, is haar laaste gedagte voor sy haar bewussyn verloor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees