book-icon Uitgawe 8 September 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Stormbul se horings

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Sonja se hele wêreld tuimel skielik soos ’n kaartehuis inmekaar. Van skok begin haar kop so erg draai dat sy op die bank neerval en haar gesig in die naaste kussing verberg. Toe gil sy; drie diep onaardse gille wat uit haar diepste ontredderde wese ontsnap. Sy probeer sin maak van wat sy pas op die TV-skerm gesien het.

Eintlik was dit Dawid se geel reënbaadjie wat eerste haar oog getref het. En direk daarna die bulhoring-kopstukke waaraan sy so hard gewerk het. Sy kom stadig regop en sit en staar nikssiende na die TV-skerm waar modderbesmeerde rugbyspelers verwoed baklei vir die bal uit ’n losskrum. Al wat sy herleef, is die vorige ontstellende beeld wat nou haar sinne oorheers.

Stuk vir stuk, raampie vir raampie begin sy daardie beeld dissekteer. Was dit die werklikheid of was dit vergissing? Maar wat anders? Die bewyse was duidelik daar. Feite is feite; Dawid was uitgevang. Skok en ongeloof, twyfel en loutere ontreddering swaai genadeloos soos ’n pendulum heen en weer in haar gemoed. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees