book-icon Uitgawe 28 Januarie 2021

Huisgenoot se kortverhaal: Troeteldiere toegelaat

akkreditasie
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Willemien stuur ’n dankgebedjie op toe ’n kar amper reg voor haar uit ’n parkeerplek trek. Daar is nog ’n paar minute tyd en sy gebruik die truspieël om haar lipstiffie te verfris en enige verdwaalde hare op hul plek te druk. Nie te onaardig vir iemand vir wie veertig lê en loer nie.

Met die fyn lyntjies om haar oë en die streep sproetjies oor haar neus het sy lankal vrede gemaak. Die ligte hare waarin nog geen sweempie grys sigbaar is nie, is vandag in ’n stemmige rol agter haar kop vasgemaak.

Sy wonder weer hoe die man lyk. Die stem oor die foon het iets in haar geroer, so diep en warm. ’n Stem vir die radio. Vir al wat sy weet, het die man ook ’n gesig vir die radio, is hy korter as Danny DeVito en weeg 300 kg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees