book-icon Uitgawe 24 November 2022

Huisgenoot se kortverhaal: Vreemde taal van die hart

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Michael de Lucchi
Illustrasie: Michael de Lucchi

Toe die sneltrein van Schiphol die Gare du Nord stadig binnery, kondig ’n stem met ’n swaar Franse aksent aan: “End of the line. Enjoy you stay in Paris.” Mila staan op. Soos ’n paar keer die afgelope dag of wat moet sy haarself knyp. Sy, ’n meisie van Pretoria, is in Parys. Parys, Frankryk!

Net vyf kort weke gelede was sy so byna-byna ’n verloofde vrou, maar aan die einde van haar en Frits se verhouding was daar geen musiek meer in haar gemoed nie. Haar lewe het so voorspelbaar en saai voor haar uitgestrek gelê soos ’n sepie sonder ’n klankbaan. 

Teen almal se raad in het sy met haar laaste spaargeldjies, wat amper non-existent op ’n onderwyser se salaris is, met haar Schengen-visumaansoek begin en plek in die hartjie van Parys bespreek. In ’n hotel wat, volgens die webtuiste, nogal aan ’n Suid-Afrikaanse familie behoort. En hier is sy nou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees