Deel

Wil jy jou kortverhaal vir Huisgenoot stuur?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hier is riglyne om jou kortverhale aan Huisgenoot te stuur.

BELANGRIK

Ontvangs van jou kortverhaal sal erken word. Daarna sal jy net van ons hoor as jou storie vir publikasie aanvaar is.

As ons jou verhaal aanvaar, mag ons dit gebruik soos ons kies (altyd met erkenning aan die skrywer), insluitend in Huisgenoot en op Huisgenoot.com binne Netwerk24, waar dit ook voorgelees word.

Deur jou storie aan ons voor te lê, stem jy in om nie jou storie aan enige ander publikasie voor te lê nie of elders te publiseer of te gebruik nie, tensy ons binne ses maande ná inhandiging nie die aanvaarding van jou storie bevestig het nie.

As jou storie vir publikasie aanvaar word, moet jy 'n kort ooreenkoms druk, onderteken en e-pos wat die eienaarskap van outeursreg aan ons oordra.

Ons sal dit aan jou verskaf as jou verhaal aanvaar word. Die ooreenkoms stel jou in staat om jou storie vir sekere gespesifiseerde persoonlike gebruike te gebruik, ’n tydperk nadat ons dit gepubliseer het, soos vir persoonlike berging, publikasie op ’n niekommersiële persoonlike webtuiste of in ’n versameling van slegs jou verhale, en vir onderrigdoeleindes.

As jy die storie elders wil gebruik of publiseer, moet jy skriftelike toestemming van Huisgenoot verkry.

Verskaf asseblief volledige kontaknommers saam met jou kortverhaal.

Ter illustrasie: Getty Images/Gallo Images
Ter illustrasie: Getty Images/Gallo Images
  • Lengte: 1600 woorde.
  • Genre: Alle genres, insluitend liefdesverhale, is welkom. Maak dit eietyds eerder as outyds. (Geen gedigte en vervolgverhale nie, asseblief.)
  • Storielyn: Die hoofvereiste is dat die verhaal lekker moet lees, en as daar ’n verrassing op die leser wag, des te beter.
  • Dit moet ook opbeurend eerder as morbied wees. Laastens moet daar ’n besliste storielyn wees; sketse word nie aanvaar nie.
  • Teikenmark: Huisgenoot is ’n gesinstydskrif en ideaal gesproke moet die kortverhale geskik wees vir almal (mans en vroue asook jongmense).
  • Aanbieding: Geen handgeskrewe stories sal aanvaar word nie.
  • Deur jou kortverhaal vir publikasie aan Huisgenoot te stuur, bevestig jy dat jy daarin geensins iemand anders se idees, woorde of werk reproduseer en dit as jou eie voorstel nie. Jy bevestig dat jy bewus is van die reëls rondom plagiaat, en dat jou skryfwerk oorspronklik en jou eie is. 
  • Alle stories moet via e-pos gestuur word aan stories@huisgenoot.com.

Let op

Om ons redigeringsproses te vergemaklik let asb. op die volgende:

  • Gebruik dubbele aanhalingstekens deur SHIFT en die toets met dubbele aanhaaltekens te druk.
  • Gebruik net een spasie ná punte, kommas, kommapunte, vraagtekens, ens.
  • Druk ENTER net een keer om ’n paragraaf te maak; moenie indents maak nie.
  • Vermy die oorgebruik van aksenttekens; gebruik dit net waar absoluut nodig.
  • Vermy die gebruik van verkleinwoorde.

Betaling

R1 950.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees