Die legendariese Noorse synth-popgroep A-ha is terug met nuwe musiek – die eerste in sewe jaar.
Die driestuks het onlangs hul enkelsnit “I’m In” bekendgestel. Dit sal op hul komende 11de album, True North – die opvolg van 2015 se Cast in Steel – wees.
Die kitaarspeler Paul Waaktaar-Savoy, sanger Morten Harket en klawerbordspeler Magne Furuholmen het in die 1980’s groot sukses gehad met treffers soos “The Sun Always Shines on TV”, “Take On Me”, “Crying in the Rain” en “Hunting High and Low”.