Die 29-jarige Puerto Ricaanse sanger en rapper, Rauw Alejandro, word nie verniet die “koning van moderne reggaeton” genoem nie.
Sy tweede album, Vice Versa, het verlede jaar sy debuut boaan Billboard se Latyns-Amerikaanse trefferlys gemaak, en daar is geen keer aan hom nie.
Rauw is veral bekend vir sy megatreffer “Todo de ti”, “Cambia el paso” saam met Jennifer Lopez, en “Te felicito” saam met Shakira, wat nou op musiekkanale en trefferlyste boer. Die musiekvideo is al meer as 241 miljoen keer op YouTube gekyk en die snit is al meer as 184 miljoen keer op Spotify geluister.