Hallo, Rihanna! Sy het vir ses jaar ’n “nie-amptelike” blaaskans gevat om op haar Fenty Beauty-skoonheidsmaat-skappy en haar onderklerereeks, Savage X Fenty, te fokus.
Nou het Rihanna (34) ’n langverwagte terugkeer tot die musiektoneel gemaak – en aanhangers kan kwalik genoeg kry.
“Lift Me Up”, die musiekster se eerste sololiedjie in ses jaar, is geïnspireer deur die lewe en nalatenskap van die ontslape Chadwick Boseman van Black Panther-faam. Chadwick, een van die superheld-flieks se grootste sterre, is in Augustus 2020 aan kanker dood.