Francois en Elandré se liedjie “Maak wakker” is die eerste enkelsnit en musiekvideo van Francois se vierde soloalbum, Kanniedood.
Die twee se paaie het die eerste keer op ’n lughawe gekruis. “Dit was net ná Elandré se sukses met ‘Tougher Than the Rest’. Daarna het ons mekaar op feeste gesien. Ek het altyd gedink daar is iets unieks aan hom,” sê Francois.
In die musiekvideo speel hulle speurders van die toekoms wat mense wakker maak met die klanke van rock ’n’ roll. Hulle is ’n Suid-Afrikaanse weergawe van Ghostbusters – “spookrokers”.