book-icon Uitgawe 30 Junie 2022

HG gesels met die ‘Kateriena Malherbe’- sanger TiNo oor sy debuutalbum

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sanger TiNo, wat landbou studeer, se debuut­album is onlangs uitgereik. Foto: Klara Design & Photography.
Die sanger TiNo, wat landbou studeer, se debuut­album is onlangs uitgereik. Foto: Klara Design & Photography.

Dié 20-jarige sanger het mense laat regop sit met sy rasperstem toe hy verlede jaar “vir die lekkerte” video’s van hom wat sing op TikTok begin deel het. Die sanger Jan Blohm was so beïndruk met TiNo se weergawe van sy liedjie “Ruby” dat hy dit vir sy bestuurder, Zinta Kymdell van ZinK Events, aangestuur het.

“Toe ek weer my oë oopmaak, was ek deel van oom Kobie Koen se Vonk Musiek-span.” En Zinta bestuur sy loopbaan. TiNo het groot sukses gehad met sy debuutsnit, die lang­armtreffer “Kateriena Malherbe”. Toe volg “Transkaroo”.

Nou is sy debuutalbum, Sterrekind, hier. Die album bestaan uit sewe covers en drie oorspronklike liedjies, “Afstand”, “Sterrekind” en “Mandjie vol liefde”. Sterrekind bevat “ ’n liedjie wat pas by elke emosie en gevoel”, sê TiNo. “Daar is liedjies om te luister as jy gelukkig of hartseer is en selfs as jy wil sokkie. Elke liedjie vertel sy eie storie.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees