Prop het al talle liedjies vir bekendes geskryf – van “God se kunskafee” vir Laurika Rauch tot “Pinocchio se dam” saam met Robbie Wessels. Nou is sy debuutenkelsnit, “Kwaaitjie”, hier.
“Ek het iets universeels dog speels in verhoudings gesoek om oor te skryf,” sê Prop. “Die geliefde se naam was eers Berta. Ek wou ook iets volkseie aan die lied verleen en het ou gedigte nagegaan.”
Toe kom ’n frase van Piet van Rooyen se gedig “Kraaitjie Melaaitjie” by hom op.