Haar besoek aan die Goudstad het toevallig gebeur, vertel Veronica (25). “My bestuurder was vroeër die jaar by ’n konferensie in Londen waar hy die organiseerders van die On the Lawn-musiekfees ontmoet het.
“Hy het hulle van my vertel, en toe is ek bespreek! Dit is nie net my eerste besoek aan Suid-Afrika nie, dis ook my eerste optrede in Afrika.”