Hulle is een van Suid-Afrika se gewildste musiekgroepe en het al telkemale gewys presies hoekom hul aanhangers hulle so hoog aanskryf.
Spoegwolf het sedert hul eerste vollengtealbum, Swaartekrag (2012), met elke nuwe album meer selfvertroue gekry en hul klank en liedjieskryfvaardighede verfyn en uitgebou. Voeg daarby hul unieke, energieke vertonings en jy het ’n wenresep.
Hul jongste album, Silwer, is geen uitsondering nie en eerder ’n produk van ’n groep wat presies weet wie en wat hulle is.