Dié opgewekte liefdesliedjie lig die verskille tussen mense in verhoudings uit. Mense is die teenoorgesteldes van mekaar, maar dit is juis wat ons na mekaar toe aantrek. Jy is stil en ek maak geraas, so verskillend pas ons by mekaar. Jy is selfstandig, ek is ’n dromer. Ek is nuuskierig, jy is skaam, sing sy.
Dit is die klein dingetjies wat maak dat ’n mens verlief raak en verlief bly, sê sy.
“Net omdat iemand anders is as jy, beteken dit nie daardie mens is verkeerd nie. Daar is mooi in elke mens. Liefde kies nie dinge soos persoonlikheid, opvoeding of etnisiteit nie; dis ons wat dit doen.” Sy sing daarom ook: Jy is die suiker in my koffie sodat ek nie bitter smaak.