Beyoncé se langverwagte sewende album, Renaissance, bestaan uit 16 snitte met ’n dans- en disko-geur wat tydens die pandemie opgeneem is.
“Om hierdie album te skep het my ’n plek gegee om te droom en ontvlugting te vind tydens ’n skrikwekkende tyd vir die wêreld,” sê die sangeres (40).
“Met al die isolasie en onreg die afgelope jaar dink ek ons is almal gereed om weer te ontsnap, te reis, lief te hê en te lag. Ek voel ’n renaissance ontstaan, en ek wil deel wees van die koestering van daardie ontsnapping op enige moontlike manier.”