Pieter Koen en Tarryn Lamb se nuwe weergawe van die geliefde treffer “When You Tell Me That You Love Me” is ’n moet-hoor vir aanhangers. Dis ingesluit op Pieter se nuwe album, Timeless, wat van sy gunstelingliedjies bevat wat hy weer afgestof en opgeneem het.
“When You Tell Me That You Love Me” is oorspronklik in 1991 deur Diana Ross uitgereik. “Die liedjie bring warm herinneringe terug. Toe ek op hoërskool was, het my ma my aangemoedig om die liedjie te leer en by my skool, die Hoërskool Vishoek, se jaarlikse verskeidenheidskonsert te sing,” sê Tarryn.
“Dis so ’n voorreg om die liedjie jare later saam met een van ons land se gunstelingsangers te kon opneem.”