In Maart 2020 het die Kaapse groep Van Der Aven 250 ander musiekgroepe uitgestof om Texx in the City se Band or Bust-kompetisie op die US Woordfees te wen, en daarmee saam die geleentheid om ’n enkelsnit in Karen Zoid en die musiekvervaardiger Theo Krause se ateljee op te neem.
Maar toe kom die pandemie en die inperking.
Nou, meer as twee jaar later, is die groep se eerste sessnit-EP uitgereik – en die liedjies het ’n akoestiese folkaanslag met seepgladde harmonieë. ’n Musiekvideo vir die groep se debuutenkelsnit, “Heimwee”, is onlangs uitgereik.