Jy ken haar waarskynlik as Getroud met rugby se Sasha Richter, maar nou gaan jy haar leer ken as ’n countrypopsangeres – ’n plaaslike meisie met ’n liefde vir grondpaaie én stadsliggies.
Anlia Star, soos Anlia van Rensburg onder haar verhoognaam bekend is, het pas haar eerste enkelsnit, “Plaaslewe”, uitgereik.
Sy het op 16 Julie vanjaar ’n stadion van 50 000 toeskouers – en aanhangers landwyd – na aan trane gehad met haar vertolking van die landslied net voor die Springbokke se toets teen Wallis in Kaapstad. Dit was maar net ’n voorsmakie van “Anlia die sangeres”, want sy is hier om te bly.