Spesiaal vir jou: Nóg 10 gratis raaisels uit HG se stal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Huisgenoot Raaisels
Huisgenoot Raaisels
Maak 'n plan want dis weer tyd om te ontspan met ’n splinternuwe gratis raaiselpakket op Huisgenoot Raaisels.

Ja, jy lees reg! Huisgenoot se nuwe digitale blokraaiplatform, Huisgenoot Raaisels, ondersteun deur Netwerk24 het nou 10 gratis raaisels bygekry. 

Dié gratis raaiselpakket bevat blokraaie, koderaaisels, sudoku en videoraaisels. Jy kan dit op jou slimfoon, tablet of rekenaar speel om te kyk hoe die platform werk. 

Volg die stappe om die gratis raaiselpakket te toets

Stap 1

Besoek huisgenootraaisels.co.za en klik op “Gratis Raaisels”.

Stap 2

Klik op “Voeg by mandjie”.

Stap 3

Klik nou op “Gaan voort na betaling”. Moenie bekommerd wees nie, die raaisels is gratis en jy gaan nie daarvoor betaal nie!

Stap 4

Vul jou besonderhede in. Skep ’n gebruikersnaam en wagwoord. Maak seker jy het die bepalings en voorwaardes gelees. 

Stap 5

Klik nou op “Plaas bestelling”.

Stap 6

Klik op “My Raaisels”. Jou gratis raaiselpakket is nou gereed. Klik daarop en begin speel!

Jou blokraaibondel sal onder
Jou blokraaibondel sal onder "My Raaisels" lê. Maak seker jy is ingeteken met jou gebruikersnaam en wagwoord. Foto: Skermgreep

Geniet dit!

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees