book-icon Uitgawe 25 November 2021

Doen nou ons opwindende videoraaisels aanlyn – vir die heel eerste keer in Afrikaans!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Blokraailiefhebbers kan nou ook videoleidrade gebruik om blokraaie in te vul.
Geniet ’n eerste in Afrikaans – ons splinternuwe v
Geniet ’n eerste in Afrikaans – ons splinternuwe videoraaisels! Foto: Gallo Images/Getty Images.

Daar word mos gereeld gegrap oor wat Huisgenoot se fotoblokraaie vir bekendes beteken: dat jy eers werklik beroemd is as jou foto in een van ons blokraaie verskyn het.

Oor die jare het talle bekende sportsterre, sangers en gesoute akteurs se gesig al as leidrade in ons fotoblokraaie verskyn. Ja, dié raaisels is as’t ware Suid-­Afrika se “roemmeter”.

Maar nou bied Huisgenoot ’n nuwe soort blokraai wat visuele leidrade inspan – en hierdie keer is dit ook in voeling met vandag se voorliefde vir kort, vermaaklike video’s.

Bekendes kan nou daarna streef om in dié nuwe soort blokraaie te verskyn, en dit sal alle raaiselliefhebbers op nuwe maniere uitdaag.

Ons stel bekend: Videoraaisels!

Hierdie innoverende videoblokraaie is aanlyn beskikbaar op ons nuwe digitale raaiselwebtuiste, Huisgenoot Raaisels, en word ondersteun deur Netwerk24.

Dit werk byna soos fotoblokraaie, maar die leidrade is kort video’s, nie foto’s soos in ons fotoblokraaie nie.

Dit is ’n opwindende eerste in Afrikaans, vertel een van Huisgenoot se gereelde blokraaiopstellers, Gerda Engelbrecht.

“Aanlyn blokraaie het wêreldwyd vlam gevat, en videogrepe as leidrade dwing my om heeltemal nuut te dink oor wat alles in ’n blokraai opgeneem kan word,” sê sy.

Dit werk byna soos fotoblokraaie, maar die leidrad
Dit werk byna soos fotoblokraaie, maar die leidrade is kort video’s, nie foto’s soos in ons fotoblokraaie nie. Foto: Skermgreep.

Grepe uit musiekvideo’s, rooitapytoomblikke, ikoniese fliektonele, gebeure in die bosveld of op die langpad, grepe uit reseptevideo’s – die leidrade kan wye draaie gooi.

Gaan toets gerus die raaisels op die webtuiste – jy sal verbaas wees hoe lekker dit werk!

Waar kry ek dit?

Huisgenoot se videoraaisels is digitaal beskikbaar op ons blokraaiwebtuiste, Huisgenoot Raaisels, ondersteun deur Netwerk24.

Die spesiale videoraaiselbondel bevat 10 verskillende videoraaisels. Elke videoraaisel het ’n tema – soos Afrikaanse musiek, sportsterre, kos of reis. Vir net R40 kan jy 10 videoraaisels aanlyn doen.

Ons sal binnekort nog videoraaiselbondels op die webtuiste beskikbaar stel en dit vorentoe ook gereeld aanvul met nog raaisels.

’n Eerste; nie ’n laaste nie!

Hoe werk dit?

Die videoraaisels werk soos ’n gewone blokraai, maar tussen die gewone leidrade is videogrepe wat ook leidrade is.

Om die leidraad te kry, klik jy op die video sodat die video vergroot. Dan klik jy regs bo, langs die leidraad, op die rooi vierkant met die wit driehoekie om die video te laat speel. ’n Videogreep van nege sekondes sal speel, waarna jy die antwoord in die blokraai kan invul.

Kies die videoraaisels-pakket op Huisgenoot Raaise
Kies die videoraaisels-pakket op Huisgenoot Raaisels se webwerf. Foto: Skermgreep.

Volg die stappe om te registreer en saam te speel!

Stap 1

Besoek huisgenootraaisels.co.za.

Stap 2

Klik op “Alle Raaisels” heel boaan die bladsy.

Stap 3

Beweeg met jou muis af tot jy die Videoraaisels-pakket sien.

Stap 4

Klik op “Voeg by mandjie”, en as jy tevrede is, klik op “Gaan voort na betaling”.

Stap 5

Vul jou naam, e-pos­adres en betaalbesonderhede in. So skep jy vir jou ’n rekening op die webtuiste.

Stap 6

Maak seker jy het al die bepalings en voorwaardes gelees, en klik op “Plaas bestelling”.

Stap 7

Jy sal ’n e-pos ontvang wat jou betaling bevestig. Nou kan jy op huisgenootraaisels.co.za aanmeld.

En siedaar!

Jou videoraaiselsbondel sal onder “My Raaisels” lê, gereed om te speel! 

Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees