Die reeks is die eerste TV-vasvraprogram in Suid-Afrika wat gemik is op blokkiesraaisel-geesdriftiges. Die program, wat in Kaapstad verfilm word, het hierdie seisoen ook 'n splinternuwe stel.
Die aktrise Cintaine Schutte, wat die reeks die afgelope twee seisoene aangebied het, skuif terug in die aanbiederstoel. Deelnemers se algemene kennis en woordeskat sal weer tot die uiterste getoets word.
Ons het die deelnemers van episode 1 ontmoet. Wie dring vanaand deur tot die halfeindronde?