In dié week se episode van Huisgenoot Blokraaibestes, met Cintaine Schutte as aanbieder, het Christo Viljoen, Martin van Wyk en Gerrit Potgieter teen mekaar meegeding. Die kompetisie was straf en die blokraaie het die deelnemers met tye laat sweet.
Christo het eindelik as die wenner weggestap en dring nou deur na die halfeindronde van die eerste seisoen.
Is jy ’n blokraaiboffin?
Hier onder is die skakels na die vyf blokraaie van die tweede episode. Jy kan dit aanlyn invul en kyk hoe jy sou vaar.
Ronde 1
Ronde 2
Ronde 3
Jy kan die einste blokraaie uitdruk en op papier invul as jy dit so verkies. Die blokraaie en hul oplossings is op hierdie PDF beskikbaar.
- Kyk ‘Huisgenoot Blokraaibestes’ elke Maandagaand om 20:00 of Sondae om 11:00 op VIA (DStv-kanaal 147).
- Lus vir nog blokraaie? Besoek www.huisgenootraaisels.co.za om blokraaie, sudoku, koderaaisels en woordsoeke aanlyn te voltooi.