Huisgenoot kry ’n blokraai-TV-reeks – kom neem deel!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Weet jy wie is die Egiptiese songod en wat is aaptwak? Kom wys jou staal in Huisgenoot se eerste TV-blokraaivasvraprogram!
Cintaine Schutte daag jou uit om deel te neem aan
Cintaine Schutte daag jou uit om deel te neem aan nóg 'n eerste uit Huisgenoot se stal: Blokraaie op die kassie. Foto: Verskaf.

Wat is dit?

Huisgenoot Blokraaibestes is die eerste TV-speletjiesprogram in Suid-Afrika wat op blokraai-invullers gemik is.

Die Afrikaanse TV-reeks gaan in ’n ateljee in Kaapstad opgeneem word en op Via (kanaal 147) uitgesaai word. Die aanbieder is die aktrise Cintaine Schutte.

Hoe werk dit?

In elke episode neem drie deelnemers deel aan ’n soort vasvraprogram om te kyk wie van hulle die beste is. Die rondes sluit in sinoniem-uitdagings – gee ’n woord met 7 letters wat “ete” beteken – en rondes waarin jy foto’s, video-insetsels en klankgrepe moet gebruik om bekendes, plekke of geregte uit te ken.

Dit gaan pret wees om deel te neem en daar is lekker pryse op die spel!

Hoe neem jy deel?

Stuur ’n e-pos aan huisgenootblokraaie@media24.com en ons neem dit van daar af verder. Jy sal ’n kort toetsie en ’n onderhoud doen om jou senuwees te kalmeer.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees