Kry 225 nuwe aanlyn blokraaie op Huisgenoot Raaisels – genoeg vir die hele jaar!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Blokraaie is nie net vir vakansies bedoel nie! Hou jou brein in 2022 superfiks met Huisgenoot Raaisels, ondersteun deur Netwerk24, se splinternuwe bieliebondel met 225 nuwe aanlyn blokraaie.

Ja, jy lees reg! Huisgenoot bied nou 225 splinternuwe digitale blokraaie wat jou nie net heel jaar sal vermaak nie, dit verbeter ook die werking van jou brein.

Vul gereeld blokraaie in om jou brein skerp te hou
Vul gereeld blokraaie in om jou brein skerp te hou. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die Universiteit van Exeter en King’s College in Londen het in 2019 navorsing gedoen oor die voordele van speletjies soos blokraaie en sudoku. Dié studie het bevind dat hoe meer gereeld volwassenes bo die ouderdom van 50, blokraaie en sudoku invul, hoe beter is hul breinfunksie.

Die navorsing het ook getoon dat mense wat meer gereeld woord- en syferspeletjies voltooi, beter vaar in toetse wat oplettendheid, beredeneringsvermoëns en geheue toets. 

So, jy kan jou brein heel jaar laat oefen met die verskeidenheid nuwe blokraaie wat jy aanlyn op jou selfoon, rekenaar of tabletrekenaar kan voltooi. Selfs wanneer jy iewers in ’n lang winkelry staan of in die kar vir jou kinders by die skool sit en wag. 

“Die versameling van 225 blokraaie bestaan uit blokraaie in verskillende groottes en is almal perfek vir jou selfoonskerm of tablet,” sê Gerda Engelbrecht, een van Huisgenoot se gereelde blokraai-opstellers wat ure om gewerk het om dié nuwe blokraaibondel saam te stel.

“Vul dit in soos ’n ekspert of gebruik die handige kulknoppies as jy vashaak – dis ideaal vir groentjies sowel as gesoute blokoliste,” sê sy.

Jy kan jou nou met die bondel bederf en dit dan stuk-stuk deur die loop van die jaar doen.

Hoe vinnig gaan jy deur die nuwe bondel blits? Jy besluit self!

Geniet dit!

Waar kry ek dit?

Besoek Huisgenoot Raaisels en klik op “Alle Raaisels” heel bo aan die bladsy. Hier sal jy al die verskillende raaiselpakkette sien.

Daar is woordsoeke, videoraaisels, koderaaisels, sudoku en blokraaie. Jy sal die splinternuwe pakket met 225 nuwe blokraaie hier vind. 

Hoeveel kos dit?

Die nuwe aanlyn blokraaipakket kos R500 en bevat 225 nuwe blokraaie wat jy enige tyd aanlyn op jou selfoon, tablet of rekenaar op hierdie blokraaiwebblad kan invul.

Daar is ook ander raaiselbondels beskikbaar vir R40, R75 en R225.

Volg die stappe om te registreer en saam te speel!

Stap 1

Besoek www.huisgenootraaisels.co.za

Stap 2

Klik op “Alle Raaisels” heel bo aan die bladsy. 

Stap 3

Kies die blokraaibondel met 225 raaisels.

Kies die bondel.
Kies die bondel. Foto: Skermgreep.

Stap 4 

Klik op “Voeg by mandjie” en as jy tevrede is, klik op “Gaan voort na betaling”. 

Voeg die nuwe bondel by jou mandjie.
Voeg die nuwe bondel by jou mandjie. Foto: Skermgreep.

Stap 5

Vul jou naam, e-posadres en betaalbesonderhede in. So skep jy vir jouself ’n rekening op die webblad. 

Stap 6

Maak seker jy het al die bepalings en voorwaardes gelees en klik op “Plaas bestelling”. 

Stap 7

Jy sal ’n e-pos ontvang wat jou betaling bevestig. Nou kan jy op www.huisgenootraaisels.co.za aanmeld. Jou nuwe raaiselsbondel sal onder “My Raaisels” lê, gereed om te speel!

Jy kan saam met ’n geliefde speel!
Huisgenoot Raaisels, ondersteun deur Netwerk24, bied jou ook die kans om sáám met jou geliefdes wat ver is raaisels te doen. Of hulle nou oorsee of aan die anderkant van die land sit, julle kan steeds saam pret hê. 

As jy en een van jou mense albei dieselfde raaiselpakket koop, kan julle vir mekaar die skakel na ’n raaisel stuur en dit saam-saam invul – ja, julle antwoorde sal saam in dieselfde raam verskyn. 

Net omdat julle die vakansie dalk ver van mekaar is weens die pandemie en inperking beteken dit nie julle kan nie saam speel nie!


Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees