Lief vir woordsoek-raaisels? Doen dit nou aanlyn

akkreditasie
Is jy versot daarop om woorde te soek wat wegkruipertjie speel in ’n soekblok? Met Huisgenoot se nuwe digitale raaisels kan jy dit nou aanlyn op jou selfoon, tablet of rekenaarskerm doen!

Daar is min dinge so ontspannend soos om versteekte woorde in ’n woordsoek-raaisel te soek en dan raak te sien. En daardie gevoel van bevrediging wanneer jy eindelik al die woorde soos ’n wafferse speurder opgespoor het – te lekker!

Goeie nuus: nou kan jy ons woordsoek-raaisels ook aanlyn doen en geniet. 

By Huisgenoot se nuwe bederf, huisgenootraaisels.co.za, ondersteun deur Netwerk24, kan jy hierdie raaisels – asook blokraaie, sudoku’s en koderaaisels – op jou selfoon, tablet of skootrekenaar invul. 

Ons is so seker dat jy versot sal wees op ons aanlyn raaisels dat ons die eerste pakket met drie raaisels gratis beskikbaar stel. Daarna is daar pakkette van R40, R75 en ’n tamaai een vir R250 wat jy aanlyn kan koop en doen. Die woordsoeke is in hul eie pakkette, en elke woordsoek het ’n ander tema. 

Haak jy vas? Klik op die knoppie wat vir jou ’n wenk gee. As jy nie tyd het om die raaisel op een slag op te los nie, kan jy jou antwoorde stoor en dan later verder speel. Die program sal al jou antwoorde bêre. 

Klik en koop by huisgenootraaisels.co.za – tjoeftjaf!

Hoe werk dit?

Stap 1

Besoek www.huisgenootraaisels.co.za en klik op die knoppie wat sê “Klik en koop!”.

Stap 2

Jy sal ’n lys met verskillende raaisel-pakkette sien. Die drie gratis raaisels en woordsoek-pakkette verskyn ook hier. Kies die bondels wat jy wil aanskaf en kies “Voeg by mandjie”. 

Stap 3

Jy sal gevra word om ’n rekening te skep. Vul jou besonderhede in en gaan voort. Jy moet op die webblad aanmeld om pakkette te koop en die raaisels te kan doen. Klik op “Gaan voort met inkopies”. 

Stap 4

Betaal met jou kredietkaart. Jy sal ’n e-pos ontvang wat jou besonderhede bevestig. Nou sal jy sommer dadelik kan begin speel! Jy betaal eenmalig vir die bondels wat jy kies en het dan onbeperkte toegang tot daardie pakkette. Dit beteken jy kan aanmeld en verder speel net wanneer jy wil. As die raaisels in jou pakkette almal voltooi is, kan jy nog pakkette koop. 

Hoeveel kos die pakkette?

Ons sal gereeld nog raaisel-pakkette bywerk. Hierdie bondels is reeds beskikbaar:

  • 100 blokraaie vir R250
  • 10 videoraaisels vir R40
  • 10 woordsoeke vir R40 (2 pakkette)
  • 20 woordsoeke vir R75 (2 pakkette)
  • 10 sudoku’s vir R40 (2 pakkette)
  • 20 sudoku’s vir R75 (2 pakkette)
  • 10 koderaaisels vir R40  (2 pakkette)
  • 20 koderaaisels vir R75
Nog spesiale funksies
  • Jy kan raaisels begin invul en dit dan bêre om dit later te voltooi.
  • Jy kan vra dat die raam vir jou letters of woorde aandui as jy vasbrand.
  • Jy kan vra dat die raam vir jou bevestig of jou antwoord reg is.
  • Jy kan die tyd wat dit jou neem om raaisels te voltooi, meet – en ander dan in die sosiale media uitdaag om jou tyd te klop.
  • Jy kan raaisels saam met ’n familielid of vriend invul indien julle dieselfde raaiselbondel gekoop het. Julle kan dan van verskillende toestelle antwoorde invul en dit sal gelyk in die raaisel verskyn. In die linkerhoek bo die raaisel, langs die tydhouer, klik op die knoppie wat lyk soos twee figuurtjies. Kopieer en stuur die skakel na die persoon saam met wie jy die raaisel wil oplos. Hy of sy kan op die platform aanmeld, op die skakel klik en dan saam speel.
  • Jy kan ’n geskenkbewys koop en aanlyn vir ’n raaiselliefhebber aanstuur. Klik op die tuisblad op “Koop ’n geskenkbewys” en volg die stappe om dit te doen. Jy kan met jou kredietkaart betaal, en die geskenkbewys se koeponkode sal per e-pos aan die ontvanger gestuur word.

Vir meer inligting en om aan te sluit

Besoek: www.huisgenootraaisels.co.za

Navrae: huisgenootblokraaie@media24.com

Ondersteun deur Netwerk24.

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees