book-icon Uitgawe 5 Augustus 2021

PASELLA: Doen nou 3 gratis Huisgenoot-raaisels!

akkreditasie
Op soek na ’n stukke gratis vermaak wat jou sal laat ontspan? Hier’s ’n lekker pasella.
Huisgenoot se nuwe raaiselplatform bevat blokraaie
Huisgenoot se nuwe raaiselplatform bevat blokraaie, woordsoek, koderaaisels en sudoku’s wat jy alles aanlyn kan doen. Foto: Verskaf.

Besoek ons nuwe raaiselplatform, huisgenootraaisels.co.za, om drie interaktiewe raaisels gratis aanlyn te doen. Dit sluit in ’n aanlyn blokraai, ’n sudoku en ’n woordsoek.  

As jy dit geniet het, is daar goeie nuus: Daar’s nog hope digitale raaisels op die webtuiste beskikbaar.

Huisgenoot se blokraaie en ander raaisels is al dekades lank gewild, maar nou kan jy ons gewildste formate ook aanlyn doen op jou selfoon, tablet of skootrekenaar. 

Ons nuwe raaiselwebtuiste, ondersteun deur Netwerk24, bied blokraaie, videoraaisels, sudoku’s, woordsoeke en koderaaisels, en die formate is almal aangepas om toeganklik te wees op jou skerm. Jy kan die antwoorde wat jy reeds ingevul het berg om die raaisels later te voltooi en gelyk oor verskillende raaisels kopkrap. 

Haak jy vas? Klik op die knoppie wat vir jou ’n letter of woord gee. As jy vermoed jy het iewers ’n fout gemaak, vra die program om vir jou te wys watter letters verkeerd ingevul is. 

Jy kan uit ’n verskeidenheid pakkette kies en jou gunstelingspeletjies onmiddellik aanskaf om dit enige tyd, enige plek te voltooi. Geniet dit!

Hoe werk dit?

Stap 1

Besoek www.huisgenootraaisels.co.za en klik op die knoppie wat sê “Klik en koop!”

Stap 2

Jy sal ’n lys met verskillende raaiselpakkette sien. Die drie gratis raaisels verskyn ook hier. Kies die gratis raaisels en/of die ander bondels wat jy wil aanskaf en kies “Voeg by mandjie”. 

Stap 3

Jy sal gevra word om ’n rekening te skep. Vul jou besonderhede in en gaan voort. Jy moet op die webtuiste aanmeld om die raaisels te kan doen en nog pakkette te kan koop. Klik op “Gaan voort met inkopies”. 

Stap 4

Jy sal die gratis raaisels nou kan doen. Let wel: Jy sal jou antwoorde eers kan berg wanneer jy pakkette gekoop het. Betaal met jou kredietkaart indien jy nog raaiselpakkette wil koop. Lekker speel!

Goeie nuus: Jy betaal eenmalig vir die bondels wat jy kies en het dan onbeperkte toegang tot daardie pakkette. Dit beteken jy kan aanmeld en verder speel net wanneer jy wil. As die raaisels in jou pakkette almal voltooi is, kan jy nog pakkette koop.

Hoeveel kos dit?

Ons sal gereeld nog raaiselpakkette bywerk. Hierdie bondels is reeds beskikbaar:

  • 100 blokraaie vir R250
  • 10 videoraaisels vir R40
  • 10 woordsoeke vir R40 (2 pakkette)
  • 20 woordsoeke vir R75 (2 pakkette)
  • 10 sudoku’s vir R40 (2 pakkette)
  • 20 sudoku’s vir R75 (2 pakkette)
  • 10 koderaaisels vir R40  (2 pakkette)
  • 20 koderaaisels vir R75
Nog spesiale funksies
  • Jy kan raaisels begin invul en dit dan bêre om dit later te voltooi.
  • Jy kan vra dat die raam vir jou letters of woorde aandui as jy vasbrand.
  • Jy kan vra dat die raam vir jou bevestig of jou antwoord reg is.
  • Jy kan die tyd wat dit jou neem om raaisels te voltooi, meet – en ander dan in die sosiale media uitdaag om jou tyd te klop.
  • Jy kan raaisels saam met ’n familielid of vriend invul indien julle dieselfde raaiselbondel gekoop het. Julle kan dan van verskillende toestelle antwoorde invul en dit sal gelyk in die raaisel verskyn. In die linkerhoek bo die raaisel, langs die tydhouer, klik op die knoppie wat lyk soos twee figuurtjies. Kopieer en stuur die skakel na die persoon saam met wie jy die raaisel wil oplos. Hy of sy kan op die platform aanmeld, op die skakel klik en dan saam speel.
  • Jy kan ’n geskenkbewys koop en aanlyn vir ’n raaiselliefhebber aanstuur. Klik op die tuisblad op “Koop ’n geskenkbewys” en volg die stappe om dit te doen. Jy kan met jou kredietkaart betaal, en die geskenkbewys se koeponkode sal per e-pos aan die ontvanger gestuur word.
Vir meer inligting en om aan te sluit


Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees