Raaiselpret! Só doen jy én ’n maat ons raaisels saam oor die kuberruim

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'Huisgenoot' se digitale blokraaiplatform ‘Huisgenoot Raaisels’ het die funksionaliteit dat jy aanlyn sáám met ’n vriend ’n blokraai kan invul. Klik hier en volg die stappe.

Blokraaie is ’n lekker tydverdryf vir daardie alleenure, maar weet jy hoeveel pret dit is om een sáám met iemand in te vul? Ons nuwe aanlyn platform, huisgenootraaisels.co.za, ondersteun deur Netwerk24, maak dit moontlik!

Volg hierdie stappe. 

Hoe werk dit?

Een

Gaan na huisgenootraaisels.co.za.

Twee

Op die tuisblad, klik op die rooi balk “Klik en koop!”.

Huisgenoot Raaisels
Foto: Skermgreep.

Drie

As jy nog nie ’n pakket gekoop het nie, is daar een gratis pakket met drie blokraaie wat jy kan invul.

Huisgenoot Raaisels
Foto: Skermgreep.

Vier

Kies een van die raaisels en klik daarop.

Huisgenoot Raaisels
Foto: Skermgreep.

Vyf

Wanneer die blokraai oop is, kyk links bo die blokraai (net langs die horlosie), is daar ’n ikoon van ’n mannetjie met ’n +-teken. Klik daarop.

Huisgenoot Raaisels
Foto: Skermgreep.

Ses

Die program gee nou vir jou twee opsies. Jy kan óf iemand per Facebook nooi om saam te speel óf die program kan ’n skakel genereer wat jy vir iemand per e-pos of WhatsApp kan aanstuur.

Huisgenoot Raaisels
Foto: Skermgreep.

Sewe

Jou vriend(in) kan daardie skakel gebruik om die blokraai op sy of haar selfoon, tablet of skootrekenaar oop te maak. Jy sal merk dat een van julle in groen speel en die ander een in blou.

Agt

Gebruik die kommunikasieblokkie regs onder om met mekaar te kommunikeer.

Nege

Onthou om op sosiale media te spog met jul punte!

Tien

Onthou: Julle albei moet toegang tot dieselfde pakket hê. Almal het toegang tot die gratis pakket, maar daarna sal julle albei dieselfde pakkette moet koop om saam te speel. Net twee mense kan op ’n keer saamspeel. 

Dis pret, nè? Klik en speel saam. Vul nou blokraaie, sudoku’s, woordsoeke en koderaaisels op jou foon in. Die eerste drie is gratis!

Vir meer inligting en om aan te sluit

Besoek: www.huisgenootraaisels.co.za

Navrae: huisgenootblokraaie@media24.com

Ondersteun deur Netwerk24.


Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees