Verwag dat ’n borrel naby die 1ste sal bars, en jy sal dan weet watter nasleep jy moet hanteer. Een van jou beste eienskappe is jou vrygewige gees. Handhaaf die tradisie.
Dit maak nie saak hoe hard jy probeer om iemand by die werk te paai wat kwaad, onbeskof of ongelukkig is nie; jy mors jou tyd. Al doen jy dit uit medelye, lyk dit nie asof hulle jou moeite waardeer nie. Kanaliseer jou energie eerder na ’n produktiewer plek, want wanneer Mercurius die kommunikeerder op die 7de in jou teken inbeweeg, sal ander na jou menings wil luister.
Jou kreatiwiteit het ’n knou gekry, en dit kan jou ’n bietjie verlore of onseker oor hierdie afdeling van jou lewe laat voel. Dis dalk ’n goeie idee om ’n tydelike blaaskans van enige skeppende pogings te neem en weer krag te kry deur nie kreatiwiteit te probeer afdwing nie. Put inspirasie uit die mense wat jy bewonder – woon slypskole by, luister na podsendings of besoek ’n museum.