Jy het geen tekort aan kreatiewe idees en planne oor hoe om jou huis mooier en geriefliker te maak nie, maar jy moet bowenal prakties en realisties wees. Gelukkig is dit nie in jou aard om meegevoer te raak nie. Beplan dus eers vir die belangrikste goed.
Dit sal jou help prioritiseer wat begeerlik is en wat nodig is. Dit lyk asof jou geliefde vol vertroue is dat julle tussen julle twee die hulpbronne sal vind wat julle nodig het.
Jy voel dalk vandeesweek eers ’n bietjie op jou mond geval, wat net ’n ander manier is van sê jy moet dink voor jy praat. Weeg jou woorde versigtig, want jy wil nie mense beledig of die verkeerde indruk skep nie. Skryf eerder die goed neer wat jy wil sê en vra jou geliefde se mening. Al verloop dit nie seepglad nie, het jy die rugsteun van die bekoorlike Venus wat op die 16de by jou teken inbeweeg.