Dit kan dalk vir jou voel asof jou vaardighede om geldsake te bestuur jou in die steek gelaat het.
Jy het moontlik op die oomblik heelwat meer uitgawes as gewoonlik, en dit bevestig ook dat jy vir sulke gevalle ’n noodfonds moet hê.
Aangesien sake ook nie in jou liefdeslewe volgens plan verloop nie, voel dit dalk of jy dubbel deurloop.